a


 
 
Tuisblad

Bedrywighede

 Nuusbrief

Notule van Jaarvergadering

Publikasies

Bestel 'n Publikasie

Sluit aan by die Vereniging

Voorlegging van navorsings-voorstelle

Voorskrifte vir Redakteurs

Herdrukke

Skakels

Kontak Ons

Grondwet
 

a

  RIGLYNE VIR REDAKTEURS 

ALGEMEEN

1. Die VRV is, volgens sy grondwet, gestig om "seldsame en belangrike boeke, pamflette en dokumente oor die geskiedenis van Suider-Afrika te druk en te herdruk.

2. Vaste rels vir die redigering van historiese tekste is onwenslik, aangesien elke teks sy eie benadering vereis; maar om eenvormigheid en n ho standaard van produksie te verseker, is dit  tog noodsaaklik dat n aantal riglyne in ag geneem word.

3. Dit is raadsaam dat elke redakteur sy / haar teks self transkribeer en voorberei. Die teks moet op n rekenaar getik wees en op n IBM-versoenbare skyfie ingelewer word, saam met ten minste een uitdruk, dubbel gespasieer op A4 papier. Die MS Word program word verkies; as enige ander program gebruik word, moet dit in RTF wees (Rich Text Format).

FORMATERING

 4. Redakteurs moet asb die formatering so eenvoudig as moontlik hou. Ons gebruik 'n boek-ontwerper, dus hoef redakteurs nie die kopie in te lewer in die vorm waarin die boek uiteindelik gepubliseer sal word nie. Vermy asb die gebruik van ongewone lettertipes en komplekse formatering. Vermy 'n dubbele spasie na 'n punt; moenie nuwe paragrawe inkeep nie.

TRANSKRIPSIE

5. Oor die algemeen moet oorspronklike tekste of gedeeltes van n oorspronklike teks so getrou as moontlik weergegee word. Alle weglatings moet duidelik aangedui word.

6. Die spelling van die oorspronklike teks moet behou word; byvoorbeeld argaese vorms van plekname en vanne. Klaarblyklike spel- en drukfoute moet stilweg verbeter word.

7. Om die teks in ooreenstemming met moderne taalgebruik te bring en ter wille van die duidelikheid mag die taal en punktuasie verbeter word. Die betekenis van die oorspronklike teks mag egter nie verander nie. Waar daar twyfel oor die korrekte betekenis van die teks bestaan, moet die redakteur se wysiging verduidelik word; die verandering moet ook in n voetnoot aangedui word.

8. As n sin nie met n hoofletter begin nie, of as n van of n pleknaam met n kleinletter geskryf is, mag die redakteur stilweg die hoofletter invoeg.

9. Verkortings en afkortings word gewoonlik voluit geskryf, behalwe wanneer hulle nog steeds algemeen in gebruik is.

10. Hakies in die oorspronklike teks moet met ronde hakies ( ) weergegee word; vierkantige hakies [ ] word vir die redakteur se invoegings gebruik.

11. Hiate in die oorspronklike teks as gevolg van onleesbaarheid of skending moet met vierkantige hakies aangedui word.

12. As die redakteur besluit om n deel van die teks uit te laat, moet die weglating aangedui word deur n beletselteken (ellipsis) ...

13. As daar in die manuskrip n weglating is, moet dit ook deur n beletselteken aangedui word, met n verduideliking in n voetnoot.

14. [Sic] Let daarop dat  sic, in skuins druk, spaarsaam gebruik moet word om duidelike foute aan te toon.

15. By veranderinge wat die skrywer van die oorspronklike manuskrip aangebring het, kom die veranderde weergawe in die getranskribeerde teks en die eerste weergawe in n voetnoot.

16. Onderstrepings in die oorspronklike manuskrip mag met skuins druk weergegee word.

REDAKTEUR SE ANNOTASIE IN INLEIDING EN VOETNOTE

17. Datums in annotasies moet konsekwent aangegee word as, byvoorbeeld, 12 Julie 1768, en nie Julie 12 1768 of 12.7.1768 nie. Die maande moet nie afgekort word nie. Moenie syfers gebruik om die eeu aan te dui nie; skryf liewers uit, byvoorbeeld "negentiende eeu".

18. Getalle moet voluit geskryf word tot by tien; daarna moet hulle numeries aangedui word 28, 175.

19. Skryf opeenvolgende bladsynommers so: 525, 1814, 191825. Die sogenaamde "en-dash" moet in plek van die koppel-teken gebruik word.

20. Vir alle publikasies moet voetnote eerder as eindnote gebruik word, met die getalle wat hoofstuk per hoofstuk op mekaar volg. Voetnote moet dubbel gespasieer wees.

21. Voetnote word vir die volgende doeleindes gebruik:
          (a)    Om die teks te verhelder, om moeilike passasies te verduidelik of kommentaar daarop te lewer.
          (b)   Om meer besonderhede te verskaf oor persone wat in die teks genoem word.
          (c)    Om die posisie of historiese belang van obskure plekke te verduidelik.
          (d)   Om hiate te verduidelik.
          (e)    Om kruisverwysings te verskaf, soos wat by sommige tekste nodig is.
          (f)     Om gedrukte of dokumentre bronne te identifiseer.
          (g)    Voetnote moet nie gebruik word om op die belang van sekere passasies te wys of vir
                  persoonlike kommentaar van die redakteur nie.

22. Woorde in die titels van boeke en artikels moet met n hoofletter begin, behalwe vir lidwoorde (n, die), voegwoorde en voorsetsels.

23. Boektitels moet in skuins druk wees.

24. Verwysings na boeke moet die voorletter(s) en van(ne) van die skrywer(s) gee, die volle titel, die plek en die datum van publikasie (tussen hakies), asook die bladsye waarna verwys is. Byvoorbeeld:

J B Peires, The Dead Will Arise: Nongqawuse and the Great Xhosa Cattle-killing Movement of 1856-7 (Johannesburg, Ravan Press, 1989), 77
8.

Alle verdere verwysings na dieselfde boek moet die van(ne) van die skrywer(s) gee en n kort titel:
Peires, The Dead Will Arise, 67.

25. Verwysings na artikels in boeke moet die voorletter(s) en van(ne) van die skrywer(s) gee, die titel van die artikel (tussen enkele aanhalingstekens), gevolg deur die volle besonderhede van die boek:
N Etherington, The Shepstone System in the Colony of Natal and Beyond the Borders in A Duminy en B Guest (reds), Natal and Zululand from Earliest Times to 1910: A New History (Pietermaritzburg, University of Natal Press, 1989), 172
7.
Alle verdere verwysings na dieselfde bron moet die skrywer se van bevat met n kort titel, soos hierbo aangedui.

26. Verwysings na  artikels in tydskrifte moet die voorletter(s) en van(ne) van die skrywer(s) aangee, die titel van die artikel (tussen enkele aanhalingstekens), die volle titel van die tydskrif in skuins druk (maar laat die aanvanklike The / Die uit), plus die volume, nommer, datum en bladsynommer(s). Byvoorbeeld:
R Levin en M Neocosmos, The Agrarian Question and Class Contradictions in South Africa: Some Theoretical Considerations, Journal of Peasant Studies, 16, 2 (1989), 230
51.
Verdere verwysings na dieselfde bron moet die skrywer se van en n kort titel gee, soos hierbo aangedui.

27. Verwysings na tesisse moet die skrywer se voorletters en van gee, die titel van die tesis in enkele aanhalingstekens, asook die graad, die universiteit wat dit toegeken het en die datum, alles tussen hakies:
 M J Rayner, Wine and Slaves: The Failure of an Export Economy and the Ending of Slavery in the Cape Colony, South Africa, 1806
1834 (PhD tesis, Duke University, 1986), 2607.
Verder verwysings moet gegee word soos hierbo aangedui.

28. Verwysings na koerante moet soos volg gedoen word: Cape Times, 5 Augustus 1903, 33.

29. Argivale verwysings moet die argief, biblioteek of museum aandui, asook die versameling of groep dokumente of papiere:
Kaapse Argief  (hierna KA), CO 291, Briewe en papiere ontvang, Agente in die binneland, 1826, J Melvill tot R Plasket, 2 Junie 1826.
Verdere verwysings moet soos volg wees:
KA, CO 291, Melvill tot Plasket, 2 Junie 1826.

30. As twee of meer opeenvolgende voetnote na dieselfde boek, artikel of argivale bron verwys, gebruik Ibid. (= dieselfde skrywer en titel) plus die bladsyverwysing:
Peires, The Dead Will Arise, 78.
Ibid., 99.

DIE INLEIDING

31. Die skryf van n inleiding is een van die redakteur se belangrikste take. Alhoewel  inleidings sal verskil soos wat die tipe dokumente wat gepubliseer word verskil, moet die volgende algemene rels in ag geneem word. Die inleiding moet die volgende bevat:
          (a)    n beskrywing van die oorsprong van die dokument;
          (b)   n aanduiding van die invloed van die teks op tydgenote, waar van toepassing;
          (c)    paleografiese inligting waar nodig, d.w.s. oor die handskrif;
          (d)   die datum(s) van vorige publikasie(s) van die teks;
          (e)    n aanduiding van die verhouding van die gekose teks tot gepubliseerde en ongepubliseerde materiaal;
          (f)     tipografiese konvensies;
          (g)    die redakteur se metode of prinsipes van redigering;
          (h)    n aanduiding van die historiese belang van die werk, waar nodig;
          (i)      as die teks die werk van een persoon is, moet n lewensbeskrywing van hom / haar gegee word;
          (j)     n verduideliking van relevante illustrasies.

DIE INDEKS

32. n Indeks is n noodsaaklike deel van enige historiese publikasie.

33. Indien enigsins moontlik, moet die indeks deur die redakteur gemaak word.

34. By die samestelling van die indeks, hou die volgende in gedagte:
          (a)    n Lang reeks verwysings onder n naam of onderwerp is van weinig nut. Daarom moet verwysings in gebruikersvriendelike groepe en subhofies onderverdeel word.
          (b)   Plekname moet in hul huidige vorm gegee word waar nodig, moet die pleknaam (name) soos in die teks weergegee, tussen kommas of hakies wees.
          (c)    Name van skepe, boeke, Latynse en vreemde woorde moet in skuins druk wees.
          (d)   Persone word onder hul familiename geklassifiseer - waar daar meer as een persoon met dieselfde van en voorletters is, moet hulle in chronologiese volgorde gegee word. Byname is nuttig vir identifikasie.
          (e)    Vanne word so ver moontlik volgens handtekening gespel, met variante van die naam, deur andere gebruik, tussen hakies of kommas. Waar geen handtekening beskikbaar is nie, kies die vorm wat die meeste gebruik word.
          (f)     Die Engelse sisteem van alfabetisering word gebruik, nie die Kontinentale nie. Daarom Van der Merwe, en nie Merwe, van der.

KAARTE, DIAGRAMME EN FOTOS

35. Waar kaarte, tabelle en grafieke ingesluit word, moet hulle professioneel gedoen wees en in elektroniese vorm afgelewer word. Indien moontlik, moet tabelle en grafieke in Excell wees.

36. Fotos mag gewoonlik as swart-en-wit afdrukke of in elektroniese formaat op CDs ingelewer word. Indien moontlik, moet hulle geskandeer word teen n resolusie van ten minste 250 dpi, met n wydte van ten minste 150mm.

 
a